Het jy al gehoor hoe dit klink wanneer die metaalwiele van Perseverance oor die klippe van Mars ry? Ons speel ‘n paar opnames wat deur die aanboord-mikrofone van die Marstuig opgeneem is. Daar is ook inligting oor wat daar in November in die hemelruim te sien is. Jy kan gerus probeer om die Andromeda-galaksie op die noordelike horison te sien. Matie Hoffman verduidelik hoe ‘n satelliet se verbyvlug ruimtewetenskaplikes laat kopkrap het.
view more