Dis nou meer as vyftig jaar gelede dat die kasule van Apollo 1 tydens 'n simulasie aan die brand geslaan het. Dr. Japie van Zyl verduidelik wat fout gegaan het, en hoe 'n gevaarlike onderneming ruimtevaart is. 'n Luisteraar het 'n vraag gevra oor die doeltreffendheid van Lithiumioon-batterye. Die span gesels oor battery-ontwikkeling in die toekoms, en dat superkapasitors die soort batterye kan vervang.
view more