As jy saans na die ooste kyk, sal jy 'n helder rooi voorwerp sien. Dit is Mars wat so duidelik vertoon. Miskien is dit die stofstorm wat tans aan die gang is wat, die planeet so 'n ekstra rooi kleur gee. Die span praat oor die storm, hulle gesels met ywerige sterrekyker Lafras Smit, wat in die omgewing van Heilbron boer. Hy is tans besig om die sogenaamde analemma te bestudeer. Hy vertel wat dit is en hoe hy dit doen. Willie Koorts praat ook oor sy besoek aan die VSA waar hy in Austin, Texas, die Spiekonferensie bygewoon het, waar daar oor teleskoop- en ruimtetegnologie gepraat is.
view more