Dr. Japie van Zyl, van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, glimlag breed want twee van hulle sonnestelselsendings werp reeds ongelooflike vrugte af. Ons brei uit oor die betekenis van die inligting oor Jupiter wat Juno besig is om na die aarde te stuur. Dr. van Zyl vertel dat dit baie beter is as wat verwag word en die kamera waarmee foto's van die pole geneem word se werksverrigting het hulle stoutste verwagtings oortref. Hy sê die nuwe inligting dui daarop dat die bestaande kennis oor díe gasplaneet baie aangepas sal moet word.
view more