Volgens die jongste inligting van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing oor gevolge van die inperking, het een uit elke vier Suid-Afrikaners nie geld vir kos nie, raak baie gesinne alhoemeer afhanklik van kospakkies om te oorleef, sukkel 63% om hulle rekeninge te betaal, terwyl kleiner besighede hulle deure toemaak en personeel afdank. Dalk genoeg rede vir baie mense se emosionele moegheid, onsekerheid en depressie?
view more