Dit was hierdie week gedurig in die nuus: die moord in Christchurch, Nieu-Seeland, van 50 mense by die Al Noor Moskee. Skaars het ons die nuus kon verwerk, of daar is 'n skietery op 'n trem in Utrecht, Nederland, waar drie mense vermoor en verskeie ander beseer is. Om nie eens te praat van die verskeie hofsake in Suid-Afrika waar mense tereg staan op aanklagte van moord nie. Waarom vermoor mense ander?
view more