Afrika kry soms die bynaam "Moeder kontinent" omdat dit die oudste bewoonde kontinent op aarde is volgens navorsing. Die span KLETS vandag saam François Conradie, 'n politieke ekonoom verbonde aan Oxford Economics Africa. François spesialiseer in landrisiko in Afrika rakende; politiek, konflik, staatsfinansies, belegging, beleid en handel.
Ons vind uit hoe Afrika in mekaar steek en wat die invloed van wat in die noorde gebeur op die suide van Afrika het en sal hê. Verder gesels François ook oor BRICS en die moontlike BRICS geldeenheid en hoekom leer ons nie uit die foute van Afrika. Oxford Economics Africa · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
view more